Goedkeuring van MIV-voorkomingentstof, verwelkom

Die besluit van die Amerikaanse Voedsel-en-medisyne-administrasie, die FDA, om die eerste voorkomende inspuiting teen MIV goed te keur, is verwelkom. Die medikasie, bekend as Apretude, sal aan blootgestelde volwassenes en tieners wat ‘n sekere gewig is en negatief vir MIV getoets het, vooraf beskikbaar wees. Twee proewe wat in 13 lande gedoen is, het gevind Apretude is meer effektief in die voorkoming van MIV-infeksie as Truvada. Debra Birnkrant van die FDA sê dié goedkeuring skep nog ‘n belangrike hulpmiddel in die stryd teen die MIV-epidemie.