GOAN: Onwettige vuurwapens is in die hande van misdadigers

Die Vuurwapen-eienaarsvereniging van Namibië het gereageer op die duisende onwettige vuurwapens en ammunisie waarop beslag gelê is in Suid-Afrika. Die polisiekommissaris Fannie Masemola sê verlede maand alleen is 1 173 onwettige vuurwapens en 7 738 rondes lewendige ammunisie landwyd in beslag geneem. Meer as 1 000 van die vuurwapens is net ‘n Gauteng afgeneem. Die Namibiese polisie het ook al vuurwapen-amnestie toegestaan om onwettige vuurwapens in te handig. Kallie Venzke, die voorsitter van die vereniging in Namibië het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die probleem is die onwettige vuurwapens wat in die hande van die misdadigers is.