Ysberg in Antarktika breek los

Twee satelliete wat om die pole wentel het bevestig dat die grootste ysberg in die wêreld losgebreek het van ‘n gletser in Antarktika. Volgens die Europese Ruimte-agentskap is die ysberg 175 kilometer lank en 25 kilometer breed. Dit is vir die eerste keer deur die Britse Antarktiese Opname, oftewel die BAS in die Weddell-see opgemerk toe dit van die Bonne-gletser losgebreek het. Die ysberg is groter as die Spaanse eiland Majorca. Alex Brisbourne van die BAS sê soos oseane warmer word, smelt ander gletsers en styg see-vlakke.