Gister is ‘n moeilike woord vir my – Trump

‘n Ongeredigeerde opname van oudpresident Donald Trump se toespraak op 7 Januarie, ‘n dag na die opstand in Washington, is deur die gekose komitee wat die opstand ondersoek, gedeel. Dit het blykbaar meer as ‘n uur geneem om die toespraak op te neem nadat Trump uiteindelik ingestem het om die optrede van sy ondersteuners te veroordeel. Maar, daar was sekere woorde en sinne wat hy geweier het om te gebruik.