GIPF het twee geskors – verklaring uitgereik na Amupanda aantygings

Die Staatsinstellings Pensioenfonds, die GIPF, het aangekondig dat hy twee van sy werknemers geskors het nadat die instelling moontlike bedrieglike aktiwiteite opgespoor het wat verband hou met betalings wat aan begunstigdes gemaak is. Die fonds het ‘n ondersoek in die proses van stapel gestuur, het die woordvoerder van die GIPF, Edwin Tjiramba, in ‘n mediaverklaring gesê. Hy sê die fonds het ‘n filosofie van geen verdraagsaamheid teenoor onwettige gedrag of enige vorm van oneerlikheid, bedrog, diefstal en korrupsie, en is daartoe verbind om bedrog en korrupsie van enige aard uit te roei.