GIPF besoek Omaheke

Die Regeringsinstellings Pensioenfonds besoek Maandag en Dinsdag die Omaheke-streek in ‘n poging om uit te reik na sy lede. Volgens die fonds se bemarkingsbestuurder Amos Kambonde het lede in die streek uitdagings om dienste by die fonds te bekom. Die fonds se mobiele eenheid, Pension on Wheels sal benut word en lede sal toegang kry tot alle dienste. Die fonds het ook steeds begunstigdes wat nog nie opgespoor is nie en die pogings sal ook tydens die besoek versterk word. Kambonde sê baie van hulle lede werk in afgesonderde gebiede en dus is die tipe veldtog belangrik.