GIPF belê in Namibiese maatskappy wat veevoer, soutblokke maak

Die Staatsinstellings-pensioenfonds, GIPF, het ‘n belegging van meer as tien miljoen Namibiese dollar aan WinSalt Manufacture aangekondig om veevoer en minerale soutblokke vir lewende hawe te vervaardig. WinSalt Manufacture is ‘n eg Namibiese maatskappy wat in 2018 op Walvisbaai gestig is. Volgens die uitvoerende hoof van GIPF, David Nuyoma, het die maatskappy ‘n geleentheid in die landboubedryf raakgesien deur veevoer en soutblokke te vervaardig en daarom het GIPF in WinSalt belê.