Giftige vlakke van lugbesoedeling in Hoëveld

Aktiviste-groepe sê mense wat op Mpumalanga se Hoëveld woon en werk moet elke dag in giftige lug leef wat hulle gesondheid en welstand benadeel. Groundwork Trust en die Vukanai Environmental Justice Alliance sê dit skend inwoners se grondwetlike regte. Suid-Afrikaanse media berig dat hulle die kwessie na die Hooggeregshof in Pretoria geneem het en beweer die giftige vlakke van lugbesoedeling word veroorsaak deur steenkool-kragstasies in die gebied. Die Suid-Afrikaanse Minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Barbara Creecy, het in hofdokumente ontken dat sy die probleem ignoreer.