Gftn: geen vullis verwydering nie, voertuiglisensies reeds in ’15 verval

Daar word berig dat die Grootfontein munisipaliteit die paaieowerheid meer as ‘n miljoen Namibiese dollar skuld in onbetaalde lisensie-fooie. Dit het tot gevolg gehad dat vullis nie op die dorp verwyder kan word nie. Die dorpsraad se voertuiglisensies het reeds in 2015 verval en is nie hernu nie. Volgens die burgemeester Lovisa Iyambo is daar raadslede wat dienslewering saboteur. Sy sê die oomblik wat hulle die vragmotors uitstuur om vullis te haal, skakel die raadslede die polisie wat dan die voertuie inwag en boetes uitreik. Die dorpsraad is ook nuutverkose in die afgelope plaaslike owerheid verkiesings. Iyambo sê hulle oorweeg dit om die voertuie op te veil en nuwes aan te skaf.