Gewpapende rowers het sommer begin skiet

Daar is kommer oor toenemende misdaad veral op kleinhoewe buite die hoofstad. Volgens die Namibiese polisie was daar ‘n gewapende roof op ‘n plot by Brakwater in die vroeë oggendure van Sondagoggend. Twee gewapende mans het volgens berigte toegang tot die huis gekry deur ‘n venster te breek en die vrou met hulle vuurwapens aangehou. Haar man was buite en het haar gehoor skree. Toe hy die huis binnekom het die verdagtes op hom geskiet maar hy was ook gewapen en het terug geskiet. Die twee het gevlug en die ondersoek duur voort.