Gewelddadige betogings in Angolese hoofstad

Berigte uit Angola lui dat bus- en taxi-bestuurders vandag staak, terwyl die jeug besig is met gewelddadige betogings in die hoofstad Luanda. Hulle eis die einde van MPLA se 47-jarige heerskappy. MPLA-ondersteuners sê die betogings word gelei deur opposisiegroepe. Angolese is bekommerd dat die betogings die regering sal dwing om die algemene verkiesing later vanjaar uit te stel. Namibiese politieke kommentator, dr. Ndumba Kamwanyah, sê aan Kosmos 94.1 Nuus wat in Angola gebeur is ‘n tikkende tydbom.