Geweld, plundering in SA vertraag ekonomiese herstel

Die onlangse voorvalle van geweld en plundering in KwaZulu-Natal en Gauteng vertraag die land se ekonomiese herstel. Die president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Lesetja Kganyago, het vandag bekend gemaak die repokoers bly onveranderd op 3,5 persent. Hy benadruk die feit dat nie alle sektore sal kan herstel van die gevolge van die oproer nie.