Geweld in Israel, druk op Netanyahu neem toe

Israeliese beamptes het vanoggend die Jerusalem-gesinshuis van ‘n Palestynse gewapende man wat sewe mense buite ‘n sinagoge aan die buitewyke van die stad vermoor het, afgesper. Dit kom nadat nadat premier Benjamin Netanyahu ‘n vinnige reaksie op die skietery belowe het. Sewe mense, insluitend ‘n 14-jarige, is Vrydag doodgeskiet in die aanval op Internasionale Holocaust-herinneringsdag, wat vrese verhoog dat geweld verder kan eskaleer. Die skietery bied ‘n uitdaging aan Netanyahu, wat in Desember weer aan bewind gekom het. Hy het belowe om die persoonlike veiligheid vir Israeli’s te verbeter ná ‘n vlaag dodelike Palestynse aanvalle verlede jaar. Daar word berig dat sy regering dit makliker gaan maak vir die publiek om ‘n wapenlisensie te bekom, vir persoonlike verdediging.