Gewapende rooftog by Tap a Meal

‘n Gewapende rooftog het by Tap a Meal in Windhoek plaasgevind en gevolglik is dit gedwing is om sy bedrywighede tydelik te staak. Volgens Estelle Petersen van Tap a Meal het gewapende rowers die bestuurders by die versendingskantoor aangehou. Van hulle is glo aangerand en moes mediese hulp van nooddienste ontvang. Petersen sê dit was traumaties vir die personeel om met vuurwapens aangehou te word en hul veiligheid kom nou eerste. Tap a Meal werk saam met die met die Namibiese polisie wie se ondersoek nog voortduur.  Petersen sê mense se lewensbestaan word as gevolg van kriminele aktiwiteite in gevaar gestel.