Gevlekte banknote is gesteelde note

Die Bank van Namibië waarsku lede van die publiek dat daar moontlik gevlekte Suid-Afrikaanse banknote in die land kan wees. Dit volg na die onluste en gepaardgaande plundery in die buurland. Van die kitsbanke wat beroof is, se toestelle om die banknote te beskerm is tydens die diefstal geaktiveer wat ‘n kleurmiddel op die banknoot spuit wat dit vlek. Die drie kleure wat gebruik word is blou, groen en rooi. Die stelsels is ook in werking in Namibië en dus word lede van die publiek gevra om enige gevlekte banknote in rand of die plaaslike dollar, onmiddellik na die naaste polisiestasie te neem.