Geveg breek uit tussen ouer en hoërskoolleerder oor oriëntasie

Die nuwe skooljaar is in volle swang nadat die meeste skole in die land vandag geopen het. Leerders was vandag opgewonde, veral diegene wat die eerste keer skool toe is of nuwe skole bywoon. Leerders van sekere privaatskole soos Windhoek Gimnasium sal eers volgende week terugkeer skool toe, volgens Collette Rieckert, voorsitter van die Namibiese Privaatskole Vereniging.

Nadat ‘n geveg vanoggend tussen ‘n leerder en ‘n ouer by Academia Hoërskool oor oriëntering uitgebreek het, het Rieckert gesê sy is nie ‘n ondersteuner van oriëntering nie, want dit is vernederend.