Gevangenes het regte om klagte aanhangig te maak

Volgens die kantoor van die ombudsman van Namibië se jongste verslag was een van die klagtes wat ingedien is, van ‘n gevangene wat van die geleentheid ontneem is om ‘n kriminele klag aanhangig te maak. Na bewering is die gevangene tydens ‘n fisieke ondersoek onsedelik deur ‘n beampte van korrektiewe dienste aangerand. Nadat die kantoor van die ombudsman ondersoek ingestel het, kon die gevangene ‘n kriminele klag aanhangig maak. Kommissaris Sam Shaalulange, woordvoerder van die Namibiese Korrektiewe Dienste, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat gevangenes die regte het om klagte aanhangig te maak.