Gevangenes doen hulle voor as polisie, pers lede van publiek af

Vier veroordeelde gevangenes by Odi- en Baviaanspoort-gevangenisse in Mabopane en Pretoria word van afpersing, geldwassery, vervalsing en die voordoen as polisiebeamptes aangekla. Dit volg ná ‘n diepgaande ondersoek oor korrupte polisiebeamptes wat na bewering verskeie manlike slagoffers vir geld afgepers het wat die dienste van ‘n geheime aanlyn-eskort-agentskap gebruik gemaak het. ‘n Woordvoerder van die Valke, Philani Nkwalase, sê die slagoffers is later ingelig dat ‘n saak van verkragting en bedrog teen hulle aanhangig gemaak is, omdat hulle vervalste geld gebruik het om die sekswerkers te betaal: