Getalle van sardyne, kreef, ongesond

Wetenskaplike opnames wat in Maart vanjaar uitgevoer is toon dat die sardynbevolking aan die Namibiese kus steeds in ‘n onsekere toestand is. ‘n Moratorium is in 2018 ingestel nadat die bevolking met 99,5 persent gedaal het van ‘n geraamde 11 miljoen ton in die 1960’s tot 50 000 ton in 2015. Die Namibiese visseryminister Derek Klazen, die ministerie se navorsingsprogramme sal voortgaan om die situasie noukeurig te monitor en die bedryf weer te heropen sodra die voorraad tot ‘n biologies volhoubare vlak herstel het. Kreef-getalle wek ook kommer en Klazen sê dat regstellende aksies nodig is om te verhoed dat verdere verliese voorkom. Hy sê tot 80 persent van ondermaat kreef word steeds gevang.