Gesteelde vraghouer met ammunisie laat nog vrae ontstaan

Die kommissaris van polisie in KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi, sê die skeepsvraghouer wat glo met 1,5 miljoen rondtes ammunisie daarin gesteel is, is vroeër toegang tot die land by die Durbanse hawe geweier. Die houer was glo hoog bo die grond opgestapel wat geloofwaardigheid aan die bewering gee dat die depot met voorbedagte rade geteiken is. Mkhwanazi het aan die media gesê die polisie het ‘n saak geopen, terwyl ‘n ondersoek voortduur na wie die vrystelling van die houer van die hawe gemagtig het.