Gesteelde medalje ná jare met magneet op rivierbodem gevind

‘n Afgetrede Britse polisiebeampte het geglo sy gesteelde medalje vir uitmuntende diens, wat die Northamptonshire-polisie ná 32 jaar se diens aan hom gegee het met sy aftrede 28 jaar gelede, is vir altyd verlore. Inbrekers het die 82-jarige Geoffrey Barron se kosbare medalje gesteel. ‘n Man wat ‘n groot magneet gebruik om riviere mee skoon te maak, Dave Jordan, het gereël om die Nenerivier in Northampton, Engeland, skoon te maak. Die span het op ‘n klein metaalhouer met die medalje daarin afgekom met Barron se naam en magsnommer daarop gegraveer, en kon hom opspoor.