Gesprekke oor Sudan-geweld hervat in Jeddah

Sudannese verteenwoordigers is weer in Jeddah in Saoedi-Arabië om samesprekings met die paramilitêre Rapid Support Forces te hervat, ná drie maande se gevegte tussen die twee magte. Vorige samesprekings is vroeg in Junie deur beide lande opgeskort ná talle wapenstilstandskendings. Afsonderlik het ‘n bemiddelingspoging wat deur Egipte van stapel gestuur is Donderdag begin, ‘n poging wat beide deur die Sudanese weermag, wat noue bande met Egipte het, en die paramilitêre groep verwelkom is. ’n Reeks wapenstilstande het nie daarin geslaag om die gevegte te stuit wat op 15 April uitgebreek het nie. Die konflik het meegebring dat meer as 3 miljoen mense ontheem is, insluitend meer as 700 000 wat na buurlande gevlug het.