Gesondheidsministerie verduidelik proses vir gratis Covid-toetse vir studente in die buiteland

Die uitvoerende direkteur in die Namibiese gesondheidsministerie, Ben Nangombe, sê studente wat in die buiteland studeer, sal met gratis Covid-toetse by enige geldige laboratorium in die land bygestaan word. Twee gesertifiseerde afskrifte van studente se geldige paspoort, bewys van registrasie of bevestigingsbrief van die universiteit, studiepermit en studentekaart moet by die ministerie se hoofkantoor in Windhoek ingehandig word om ‘n goedkeuringsertifikaat vir Covid-toetse te ontvang. Nangombe verduidelik …