Gesondheidskenner glo vierde vlaag is reeds in Gauteng

‘n Gesondheidskenner glo die vierde Covid-vlaag heers reeds in Gauteng. Die dekaan van die fakulteit gesondheidswetenskap en ‘n professor in entstofkunde aan die Universiteit van die Witwatersrand, Shabir Madhi, skryf dit toe aan die 19 persent positiwiteitskoers in toetsuitslae in die provinsie. ‘n Nuwe vlaag word bepaal wanneer die koers twee opeenvolgende weke hoër as tien persent is. Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes sê 72 persent van die nuwe gevalle in Suid-Afrika is in Gauteng aangeteken. Madhi het gesê hy verwag ander provinsies sal binne die volgende paar weke volg.