Gesondheidshoof moet afgedank word na Deokaran se moord

Die DA in Gauteng sê die eerste stap in die ondersoek na die fluitjieblaser, Babita Deokaran, se moord behoort die skorsing te wees van die finansiële hoof van die provinsiale Gesondheidsdepartement, Lerato Madyo, en die uitvoerende hoof van die Tembisa-hospitaal, Ashley Mthunzi. Premier David Makhura het aangekondig ‘n onafhanklike forensiese ondersoeker gaan aangestel word om bewerings oor die moord op die senior gesondheidsamptenaar te ondersoek. ‘n DA-woordvoerder, Jack Bloom, sê die provinsiale regering is berug vir uitgerekte ondersoeke waarvan die uitslag nooit bekend gemaak word nie: