Geslagsgeweld op Keetmans ‘n bron van kommer
Daar is volgens berigte kommer oor die voorvalle van geslagsgeweld op Keetmanshoop. Nampol sê hy het sedert Januarie vanjaar 121 gevalle aangemeld. Die sake sluit in verkragting, poging tot verkragting, aanranding, en oortreding van ‘n beskermingsbevel. Daar is drie sake waar oortreders seuns jonger as 12 is en waar die slagoffers seuns jonger as 11 is. In ag geneem dat net ‘n derde van geslagsgeweldsake aangemeld word, kan die verskynsel van die tipe geweld baie hoër op die dorp wees. Intussen is 35 sake wat sedert Januarie gemaak is, teruggetrek.