Geslagsgeweld in Nasionale Vergadering bespreek

In die Nasionale Vergadering is vandag oor die bekamping van geslagsgeweld gedebatteer. Die ministerie van myne en energie, Tom Alwendo, het gesê sommige terme is moeilik om te verstaan oor hoe om die mees weerlose mense te beskerm. Die minister het gesê in baie gevalle is die meeste slagoffers van huishoudelike geweld in gevaar wanneer hulle hul gewelddadige lewensmaats wil verlaat. Die minister het ook oor beskermingsbevele gepraat en hoe sommige van die moorde as passiemoorde beskryf word. Hy het die passie in sulke moorde bevraagteken.