Geslagsgeweld deur parlementslede lok reaksie uit

Johannesburg se burgemeester, Mpho Phalatse, het die geweld wat gister tydens ‘n raadsvergadering tussen EFF- en DA-raadslede uitgebreek het, ten sterkste veroordeel. Die EFF, ANC en kleiner opposisiepartye het die speaker van die Stad Johannesburg se raad, Vasco Da Gama, beskuldig dat hy die raad se prosesse manipuleer om ‘n DA-gunsteling as raadsekretaris aan te stel. Die burgemeester se woordvoerder, Mabine Seabe, sê dis kommerwekkend dat vroue ook tydens die voorval aangerand is en dat dit op video vasgelê is.