Geslagsgeweld buite beheer in SA

Die Nasionale Skuilingbeweging sê misdaad in Suid-Afrika is buite beheer en die regstelsel laat slagoffers van geslagsgeweld en vrouemoord steeds in die steek. Slagoffers word gekonfronteer deur geweldige agterstande, asook bitter min skuldigbevindings en vonnisse wat oënskynlik nie met die misdade ooreenkom nie. Bernadine Bachar van die beweging sê Suid-Afrika is nie in staat om vroue en kinders teen geslagsgeweld te beskerm nie.