Geslagsgeweld-aktivis reageer op skokdood van Walvisbaaise vrou

‘n Aktivis teen geslagsgeweld het gereageer op die skokdood van ‘n bekende 48-jarige vrou van Walvisbaai. Haar 45-jarige man is in hegtenis geneem vir haar moord nadat hy beweer het sy het selfmoord gepleeg. Die paartjie het gisteraand uitgegaan en volgens haar man het sy vroeër huis toe gegaan waar hy later haar liggaam op die balkon gevind het met ‘n koeëlwond in haar voorkop. Volgens die polisie is sy in die agterkop geskiet en ‘n nege millimeter pistool is onder ‘n kussing gevind met vier patroondoppies op die misdaadtoneel. Die oorledene se man sal Maandag in die hof op Walvisbaai verskyn. Aktivis Zack Itodo, deel sy mening oor wat Namibiërs moet doen om gevalle van geslagsgeweld te verminder.