Geslagsaktivis: Misbruikers vind bloot nuwe slagoffers

Buitelandse valuta-handelaar Brownson Lukas, ook bekend as John Wick CEO, wat borgtog toegestaan is ná sy inhegtenisneming, omdat hy na bewering sy meisie aangerand het, is saam met haar op ‘n regstreekse video op Instagram gesien die dag toe hy vrygelaat is. Die polisie het die video beskryf as disrespekvol vir die regstelsel. Volgens die polisie kan hulle slegs optree as die klaer na hulle toe kom en die saak weer aanmeld. Nampol sê voorvalle soos hierdie maak dit baie moeilik om klaers te help, want hulle word altyd die slagoffer van die oortreders, en daar is niks wat die polisie kan doen nie. Geslagsaktivis, Linda Baumann sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat misbruikers nie ophou nie, hulle vind net nuwe slagoffers.