Gesamentlike optrede nodig vir oseaanbewaring

Die wêreld herdenk vandag Wêreld-Oseaandag en die tema is Herlewing: Gesamentlike Optrede vir die Oseaan. Volgens Liziwe McDaid van die Green Connection het Oseaandag ten doel om die publiek in te lig oor die uitwerking van menslike gedrag op die beskerming van die see, asook om die belangrikheid van bedreigde waterliggame uit te lig. Sy sê hierdie waterbronne bied skuiling aan fauna en flora wat die mens van lewensreddende suurstof voorsien.