Geoloog dr. Roy Miller praat vanaand oor uraan-ontginning

Die Namibiese Wetenskapsvereniging bied vanaand om sewe-uur in Windhoek ‘n openbare praatjie oor die uraan-ontginning in die Stampriet artetiese kom aan. Groot kommer heers oor die impak van die uraan-ontginning op ondergrondse waterbronne in die gebied. Die bekende geoloog, dr. Roy Miller, ‘n spesialis in dié veld, is die hoofspreker. Waltraut Fritzsche van die vereniging nooi almal uit om die praatjie by te woon in Robert Mugabe-rylaan 110 regoor die Nasionale Teater.