Generaal sê daar kom oorlog tussen China, VSA, in twee jaar

‘n Vierster-generaal van die Amerikaanse lugmag sê in ‘n memo hy glo die Verenigde State sal in die volgende twee jaar in ‘n oorlog teen China betrokke wees. Pentagon-amptenare het reeds gesê dit stem nie ooreen met Amerikaanse militêre assesserings nie. Generaal Mike Minihan, wat aan die hoof van 110 000 lede staan, sê hy hoop hy is verkeerd maar, beide die VSA en Taiwan hou presidensiële verkiesings in 2024 wat die weg kan baan vir konflik. In sy mening kan China poog om beheer oor Taiwan uit toe oefen.