Gemiddelde inkomste daal met 13% in 5 jaar

Volgens die jongste nasionale rekening se syfers, het die bruto inkomste van Namibiërs oor die afgelope vyf jaar afgeneem. Berigte lui dat die gemiddelde inkomste in 2020 op 4 653 Namibiese dollar staan, 13 persent minder as in 2015. Volgens die Namibiese Statistieke Agentskap, het die bruto nasionale inkomste per capita in 2020 op 55 830 dollar gestaan, af van 60 849 in 2019, en 63 921 in 2015. Kenners meen daar is ‘n daadwerklike impak op verbruik wat ‘n steunpilaar is vir enige ekonomie is. As verbruikers nie geld het nie, kan hulle nie koop nie.