Gemiddelde huisprys styg vanaf eerste kwartaal
Die nasionale gemiddelde huisprys was aan die einde van die tweede kwartaal 1 263 673 Namibiese dollar, volgens FNB Namibië se huisprysindeks. Dit is ‘n styging van 30 000 dollar vanaf die eerste kwartaal, toe die gemiddelde prys 1 229 776 was. Dit oortref ook die 1 242 713 wat in die tweede kwartaal van 2023 aangemeld is. Transaksievolumegroei is teen -17,7 persent aangeteken op ‘n 12-maande-gemiddeld in die tweede kwartaal en het sedert die vierde kwartaal van 2021 in inkrimping gebly. Daar was ‘n 20 persent toename in transaksievolumes in die suidelike streek, terwyl die sentrale, kus- en noordelike streke in negatiewe gebied bly op -12,9 persent, -7 persent en -25,9 persent onderskeidelik op ‘n 12-maande gemiddelde basis.