Gemengde gevoelens oor COP26 ooreenkoms

Die Verenigde Nasies het die ooreenkoms wat by die Cop26-klimaatberaad in Skotland bereik is as beide ‘n belangrike stap én ‘n kompromis beskryf. Sommige aktiviste sê dit is verraad teen die planeet en sy mense. Daar is steeds hoop dat globale verwarming by 1,5-grade Celcius-perk gehou kan word. Maar die bewoording oor die gebruik van steenkool is op die nippertjie afgewater. Die hersiening, wat deur Indië voorgestel is, en deur China gesteun is, vra vir die vermindering van die gebruik van die vuilste fossielbrandstof in fases, eerder as die totale uitfasering daarvan. Die ooreenkoms het nie veel gedoen aan kwesbare lande se kommer oor finansiering wat lank reeds beloof word nie.