Gemeenskapslede is uiters belangrik in misdaadbekamping

Nes Namibiese owerhede staatmaak op die bystand van die publiek om misdadigers op te spoor, so soek owerhede in die buurland ook hulp. Die regering van KwaZulu-Natal doen ʼn beroep op gemeenskappe om die voortou te neem in die stryd teen geweld teen vroue en kinders. Die LUR vir Sosiale Ontwikkeling, Nonhlanhla Khoza, en die LUR vir Vervoer, Neliswa Nkonyeni het besoek gebring aan die ouers van twee Graad 12-leerders van Ginyani Senior Skool, wat vandeesweek vermoor is. Volgens Nkonyeni is die leerders doodgekap: