Gematigde Francois Bayrou nuwe Franse eerste minister

Francois Bayrou is die nuwe eerste minister van Frankryk na Michel Barnier se bedanking. Die 73-jarige is ‘n uiters belangrike vennoot in president Emmanuel Macron se gematigde alliansie en is al dekades lank ‘n bekende figuur in die Franse politiek. Volgens Macron se kantoor is Bayrou versoek om ʼn nuwe regering saam te stel. Die Franse regering het verlede week in duie gestort nadat Barnier ‘n mosie van wantroue verloor het wat deur geskille oor die begroting veroorsaak is. Hy het daarna bedank na net 90 dae in die pos.