Gelukwense vir Hifikepunye Pohamba op sy 86ste verjaarsdag

Voormalige President Hifikepunye Pohamba verjaar vandag en is 86 jaar oud. Hy is die tweede President van Namibië vanaf 2005 tot 2015. Hy het die 2004-verkiesing as kandidaat van Swapo oorweldigend gewen en is in 2009 herverkies. Voormalige minister van justisie, Pendukeni Iivula-Ithana, wat sekretaris-generaal van Swapo vanaf 2007 tot 2012 was, wens Pohamba ‘n geseënde verjaarsdag toe. Sy praat met Kosmos 94.1 Nuus.