Geliefde natuurkundige Helmut Zur Strassen sterf
Huldeblyke stroom in vir die bekende natuurkundige Helmut Zur Strassen wat op die ouderdom van 94 oorlede is. Volgens Manni Goldbeck van Gondwana het Zur Strassen 44 jaar in die Namibiese toerismebedryf deurgebring, as toergids wat ook toe later gidse opgelei het. Hy was ‘n ywerige plantkundige en het vier boeke oor verskeie aspekte van Namibië geskryf. Na sy aftrede sê Goldbeck het hy steeds klas gegee. Goldbeck sê Zur Strassen het ‘n reuse-bydrae gemaak aan kennis oor Namibië se natuurskoon.