Gelekte vraestelle: ministerie en varsities moet middeweg vind

Die Internasionale Universiteit van Bestuur se stigter, dr. David Namwandi, sê die datum waarop uitgelekte eksamenvraestelle volgende jaar herskryf moet word, kan voornemende studente raak wat by universiteite wil inskryf. Die vraestelle van gewone vlak-eksamens sal in Januarie en Februarie herskryf word en datums sal vervolgens aan geraakte leerders gekommunikeer word. Namwandi sê universiteite en die onderwysministerie moet in hierdie verband ‘n middeweg vind.