Gekaapte geboue in die Baai in Oos-Kaap moet teruggevat word

ActionSA in die Oos-Kaap sê hy gaan aan Nelson Mandelabaai se burgemeester, Retief Odendaal, skryf en versoek dat hy die opknapping van die Baai se middestad bespoedig. Die party wil ook hê die burgemeester moet oorlog verklaar teen gekaapte geboue, en maatskaplike behuising voorsien aan kwesbares in die gebied. Athol Trollip van ActionSA sê gekaapte geboue is ‘n groot probleem in die stad met ‘n beraamde 100 eiendomme wat deur misdadigers en buitelandse burgers gekaap is: