Geingob vier sy 80ste verjaarsdag

Die Namibiese President Hage Geingob verjaar vandag en is 80 jaar oud. Hy is die derde president van Namibië. Geingob was die eerste eerste minister van die land vanaf 21 Maart 1990 tot 28 Augustus 2002, en weer daarna vanaf 4 Desember 2012 tot 21 Maart 2015. Visepresident Nangolo Mbumba wens Geingob ‘n geseënde verjaardag toe.