Geingob verwelkom Kubaanse militêre samewerking

President Hage Geingob het vandag ‘n afvaardiging van die Revolusionêre Gewapende Magte van Kuba verwelkom wat daarop gemik is om Namibië en Kuba se bilaterale gewapende mag-betrekkinge te versterk. Geingob het tydens ‘n hoflikheidsbesoek deur die afvaardiging, gelei deur die adjunkminister van revolusionêre gewapende magte, generaal Joaquin Quintas by Staatshuis, gesê Kuba se vasberadenheid om voort te gaan om geopolitieke druk te weerstaan, is bemoedigend vir Namibië. Geingob sê geopolitieke druk is nou oral, en Namibië is nie daarvan uitgesluit nie. Hy sê daarom verwelkom die verdedigingsministerie die versterking van bilaterale betrekkinge. Betrekkinge van die twee lande dateer terug in Angola toe Kuba Namibië tydens die bevrydingstryd gehelp het.