Geingob verbied reis tussen streke

President Hage Geingob het pas aangekondig dat die hele land onder inperking is. Reis tussen streke is verbode. Daar mag slegs binne streke gereis word. Slegs noodsaaklike dienste, inwoners en nooddienste mag streke binnekom en weer verlaat. Hy het ook die aandklokreël vervroeg wat nou vanaf nege-uur saans tot vier-uur soggens geld.