Geingob stel nuwe taakspan aan – vir ‘AI’ en meer

Namibiese President Hage Geingob het ‘n taakspan van agt lede aangestel om die regering te help om geleenthede vir die Vierde Industriële Rewolusie tot 30 Junie 2022 te skep. Die taakspan word deur professor Anicia Peters van die Universiteit van Namibië gelei. Die Vierde Industriële Rewolusie word beskryf as die samesmelting van kunsmatige intelligensie, die sogenaamde ‘Internet of Things’, genetiese aanpassings en meer. Kritici meen die regering het nog nie internet verbinding by byvoorbeeld skole, vermag nie en dus moet die klem eers op die Derde Industriële Rewolusie geplaas word.