Geingob spreek medelye uit na afsterwe van Musibia tradisionele hoof

Namibiese Presidensie het in ‘n mediaverklaring gesê President Hage Geingob spreek sy medelye uit aan die familie en die Masubia tradisionele owerheid ná die afsterwe van hoofman, Munitenga Kisco Liswani III. Geingob sê Namibië en die Masubia-gemeenskap het ‘n man verloor wat toegewyd was aan die eenheid van die Namibiese nasie.