Geingob spreek die nasie môre om elf-uur toe

President Hage Geingob gaan môreoggend om elf-uur Namibiërs toespreek oor die Covid-maatreëls. Hy het op Twitter gesê in die afgelope weke is bemoedigende tekens in die stryd teen Covid-19 gesien, maar Namibiërs moenie op hul louere rus nie.