Geingob sê halfmiljoen Namibiërs is sedert 1990 uit erge armoede gelig

Namibiese President Hage Geingob het gesê sedert onafhanklikheidwording is meer as ‘n halfmiljoen Namibiërs uit erge armoede gelig. Hy het gesê tydens sy eerste termyn as president het die Voedselbankprogram wat in al die streke van Namibië van stapel gestuur is, is 42 081 Namibiërs bereik en die Droogteverligtingsprogram het meer as 2,8 miljoen Namibiërs bereik. Eneas Emvula, die woordvoerder van die Landless Peoples’ Movement, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hy stem nie saam met Geingob se syfers nie.